Pablo Escobar | |
---|---|
Gebore | Pablo Emilio Escobar Gaviria 1 Desember 1949 |
Sterf | 2 Desember 1993 (op 44) |
Beroep | Dwelmbaron |
Bekend vir | Stigter van die Medellín kartel, en politikus |
Pablo Emilio Escobar Gaviria (Spaans: [ˈpaβ̞lo eˈmiljo eskoˈβ̞aɾ ɣ̞aˈβ̞iɾja]; 1 Desember 1949 - 2 Desember 1993) was 'n Colombiaanse dwelmbaron. Sy kartel het 'n beraamde 80% van die kokaïen gesmokkel in die Verenigde State op die hoogtepunt van sy loopbaan, met oor U$21.9 miljard 'n jaar in persoonlike inkomste.[1][2] Hy was dikwels genoem "Die Koning van Kokaïen" en was die rykste krimineel in geskiedenis, met 'n geskatte netto waarde van tussen US$25 en U$30 miljard in die vroeë 1990's.[3][4] Dit maak hom een van die rykste mense in die wêreld in sy fleur.[5]
Escobar is gebore in Rionegro, Colombia, en het grootgeword in die nabygeleë Medellín. Hy het betrokke begin raak in kriminele aktiwiteite soos die smokkel van sigarette en vals lotto kaartjies, ook in voertuigdiefstal. In die 1970's, het hy begin werk vir verskeie smokkelaars wat dikwels mense ontvoer het vir 'n losprys. Later het hy begin om kokaïen te versprei. Hy het van die eerste smokkelroetes in Amerika in 1975 begin. Sy infiltrasie van die dwelmmark van Amerika het eksponensieel uitgebrei as gevolg van die stygende vraag na kokaïen; en deur die 1980's, is beraam dat 70 tot 80 ton kokaïen van Colombia na Amerika maandeliks verskeep is. Sy dwelmnetwerk was algemeen bekend as die Medellín Kartel.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search